Kompetisie

Nasionale kompetisie 2019

In 2016 het die Afrikaanse Taalmuseum- en Monument ‘n boom in die pragtige tuin van die Taalmonument in die Paarl geskenk waar die name van die Graadwenners van die Nasionale kompetisie op ‘n plaatjie aangebring word.  In 2016 is die name van die die kategoriewenners op die plaatjie aangebring.
In 2017 is nog ‘n boom geskenk waar die name van die Graadwenners aangebring is.
In 2018 en 2019 sal die name van die Graadwenners in elke Afdeling op verskillende  plaatjies verskyn.

ELKE leerder het die geleentheid om Podiumpretknopies te versamel.  Hierdie knopie kan ook op jou baadjie se lapel gedra word.
Sprekervaardighede  kompetisie
Die Ervare Afdeling se knopies is in goud geskryf en die Onervare Afdeling in wit.  Alle leerders wat 75% en meer tydens die eerste ronde het, ontvang ‘n lapelknopie met die woorde:
Verwelkoming
Gelukwensing
Inligting
Motivering
Humoristies
Redenaars
Onvoorbereid
Leer jou toespraak uit jou kop uit, kom bied dit met selfvertroue aan en neem jou knopie saam met jou sertifikaat en beoordeelstaat huis toe.

Leeskompetisie
Voorbereide Lees se knopies is in wit geskryf en Onvoorbereide Lees in goud.  Alle leerders wat 75% en meer tydens die eerste ronde het, ontvang ‘n lapelknopie met die woorde:
Podiumpret-Lees: Gedig
Podiumpret-Lees: Verhaal

Skryfkompetisie
Die Skryfkompetisie word vir 2019 vervang met ‘n skrywerswerkswinkel deur LAPA-uitgewers.  Meer inligting is op die Tuisblad beskikbaar.  Beperkte plek is beskikbaar.

Podiumpret is besig met onderhandelinge vir pryse wat aan deelnemers wat aan die finale rondte van die kompetisie deelneem, oorhandig gaan word.  Die aard van hierdie pryse kan nog nie bekend gemaak word nie.

3 thoughts on “Kompetisie

  1. Ek wil graag uitvind of ek kinders mag inskryf vir hierdie kompetisie of moet dit deur onderwysers volgens die kwotastelsel van ATKV gedoen word. Ek is ‘n privaat drama-afrigter en sou graag my leerders hieraan wou blootstel. sal waardeer om van julle te hoor in die verband. Sterkte met die jaar se bedrywighede en aktiwiteite.
    Vriendelike groete,
    Sarina Donges

    1. Goeiemiddag Sarina
      Ek sien daarna uit om die Uile op die Podium te sien vanjaar.
      Die Portaal sal binnekort beskikbaar wees. Leerling registreer self. Indien julle in bv. Pretoria of die Paarl is, is daar verskillende sentrums waar julle kan deelneem. ‘n Deelnemer kan bv. op een dag aan n bepaalde item deelneem en die volgende dag iets anders doen deur n ander sentrum.
      Ons wil net graag ons kinders aan die praat kry.

Comments are closed.