Ontmoet ons

Carolina van der Westhuizen

Carolina beskik oor ‘n B.Bibl (Ed) en B.Ed (Onderwysbestuur).  Sy is tans besig met Gr 7 Unisa-eksamen in Kerkorrel.  Sy het reeds 2 keer ‘n SAKOV-orrelbeurs vir Kerkorreliste gewen.

11 jaar ervaring as Hoërskoolonderwyser by Hoërskool Nelspruit en 3 jaar as laer- en hoërskoolonderwyser by CVO Pretoria  bied die fondament waaruit leerders benader word.

12 jaar ervaring in die personeelwerwingsindustrie  (waarvan 7 jaar eienaar van ‘n eie besigheid) en as lid van APSO, (Association of Personnel Service Organisations) dra by tot kundigheid om matrikulante en finale jaar studente te kan help om die fyner kuns om werk te soek te bemeester.

Sy was tot onlangs op die Bestuurspan van die Toastmasters vereniging in die Paarl en het tot middel 2018 gedien op die Bestuur van die Drakensteinse Sakekamer.

Die vestiging van die Kans!vatterprogram in 2012 wat ook ‘n kompetisie in Gauteng sedert 2013 insluit, getuig van suksesvolle entrepreneurskap en dat die belange van kinders, studente en volwassenes haarbaie naby aan die hart lê.