Podiumpret-vir-Personeel

Beoordelaarskursus vir personeel
Daar word jaarliks toenemend van personeel gebruik gemaak om die interne redenaarskompetisie by skole te beoordeel.  Dit is belangrik dat hierdie personeel objektief na leerlinge sal kyk.  Hierdie Podiumpretkursus kan by u skool aangebied word vir alle belangstellende personeel.  Op hierdie manier verseker u as sameroeper dat u beoordelaars reg belyn word en kinders so objektief moontlik beoordeel kan word.

Podiumpret-vir-Personeel
Namate die meer ervare redenaarspersoneel die skool verlaat, word die behoefte na ervare personeel al groter.  Hoofde besef ook dat ELKE taalonderwyser die verantwoordelikheid het om elke kind te leer om sy boodskap duidelik en goed nagevors oor te dra.  gereed om hul Hoërskoolloopbaan aan te pak en sodoende te voldoen aan die eise wat gestel word. Die interaktiewe aanbiedings maak dit vir personeel baie leersaam en prettig.