Tuisblad

Om voor mense te praat moet meer wees as 5 stressvolle minute voor ‘n beoordelaar. 

Kom hê pret.  Podiumpret.  4 – 7 September 2019.
Vanjaar se finaal is propvol feesaktiwiteite. 
*  Stuur gerus jou eposadres sodat ons jou van ALLES kan verwittig.
*  Bespreek solank jou plek vir die Skrywerswerkswinkel en moenie die Paarl verlaat voor die
* Storievertellerkompetisie 
Saterdagaand nie.

Podiumpret is vanjaar 7 jaar oud.  7 is die volmaakte getal.  Hou hierdie spasie dop.  As jy gedink het “The sky is the limit” moet jy saam met ons kom – Podiumpret bewys vanjaar dat NIKS in ‘n spreker, leser of skrywer se pad hoef te staan nie.
Skrywerswerkswinkel in samewerking met LAPA-uitgewers
4 en 5 September 2019
Slegs 50 aspirant-skrywers kan deelneem
Skrywers van Graad 4 tot volwassenes is welkom om in te skryf.
Kom leer /slyp jou vaardigheid
Kontak admin@podiumpret.co.za om jou plek te bespreek.
  • Bring ‘n goeie opstel en kom brei dit uit tot ‘n kort verhaal.
  • ‘n Bekende skrywer tree op as kursusfasiliteerder
  • Skrywers wat betrokke gaan wees is onder andere:
    • Martin Steyn – ‘n skrywer wat deeglik navorsing doen voordat hy begin skryf.
    • Nanette van Rooyen –kinderboekskryfster met ‘n MA-graad in Skeppende Skryfkuns
    • Carina Diedericks-Hugo – skryfster van jeugverhale
    • Izak de Vries – skrywer van veral kort verhale
  • Die moontlikheid van ‘n aanlynpublikasie van jou kort verhaal is nie uitgesluit nie.
  • R 500 per persoon (middagete, verversings en water ingesluit)
  • 2 werksessies per dag (8:00 – 12:00 en 13:00 – 17:00)
  • 2 Groepe – Gr 4 – 7 en Gr 8 – volwassenes

 Bankbesonderhede:
Capitecbank
Podiumpret  Spaarrekening
Tak:  Centurion    Kode:  470010
Rekeningno: 1233030939

We are what we repeatedly do. Excellence, then, is not an act, but a habit. – Aristotle