Humoristiese toespraak

Humoristiese toespraak
Hierdie tipe toespraak is nie ‘n reeks grappies wat ingeryg word nie. ‘n Enkele onderwerp word eerder van alle kante “uitgeput”.
Dis ‘n lewenswaarheid waarmee alledaags omgegaan word waar mense DINK hulle doen die regte ding, maar eintlik vernietig hulle iets anders waaroor hulle sterk voel.
Inleiding
Verduidelik aan die gehoor die rede vir die keuse van jou onderwerp (op humoristiese wyse).  Voorbeeld:
Ouers wil moontlik aan hulle kinders ‘n lewensles leer:
Om suksesvol te wees, moet jy kanse waag.  Of
As ek jou vra om ‘n opdrag uit te voer, moet jy dit DADELIK doen en die kortste pad volg. (nie die veiligste of by die reëls bly nie).  In hierdie geval is dit korrek om kinders te leer om kanse te waag en opdragte uit te voer, maar die PLEK waar dit aangeleer moet word, is verkeerd (bv. in die verkeer).
Lyf
Gebruik 3 geleenthede waar voetgangers bv. hoë risiko-gevalle is, maar hulle net eenvoudig nie steur aan padreëls nie OF
3 soorte padgebruikers (volwassenes, kinders, ouers wat volwassenes aan die hand gryp, ens.)
3 verskillende verkeerstekens (robot, ens.)
Slot
Laat die gehoor met ‘n “vuis in die maag”.  Of laat hulle le van die lag. Doen navorsing oor ‘n gebeurtenis wat mense sal laat nadink – bv. Iemand wat bekend is in die gemeenskap wat miskien ALTYD die verkeersreëls gehoorsaam, en net één keer ‘n kans gewaag het – en wat met hom/haar gebeur het.
Houding
Die spreker staan nooit stil by die lewer van hierdie toespraak nie, maar ELKE beweging het betekenis – wanneer hy op en af loop, skep hy bv. ‘n bepaalde atmosfeer:  vinnig loop bv. om angstigheid wek, ens.