Onvoorbereide toesprake

Daar is 2 soorte om van te kies:
a Kies ‘n onderwerp (om ‘n redenaarstoespraak te skryf)

Jy ontvang 2 temas en moet een kies. Vervolgens ontvang jy 2 onderwerpe waarvan jy een moet kies. Jy ontvang 3 – 5 bronne oor die bepaalde onderwerp.
Jy moet oor hierdie onderwerp ‘n toespraak skryf
–  Ontleed die onderwerp
–  Neem standpunt in
–  Skryf jou volledige toespraak
–  Lees nou eers die inligting wat jy ontvang het en gebruik dit in jou toespraak.
–  Onthou:  Jy mag verskil van die bron.
–  Indien jy ‘n bron van jou eie kan onthou, mag jy dit gebruik.
–  Moenie fiktiewe bronne gebruik nie

b          Jy kies 5 koerantknipsels en besluit watter soort toespraak jy skryf
60 sekonders is eintlik lank.
Daar is ongeveer 200 uitknipsels beskikbaar (Die Burger, Maroela Media en Rapport) oor aktuele sake.
Hierdie toespraak gaan oor beginsels of waardes, bv. natuurbewaring, waterbesparing of boelies.
Die koerantknipsels word sedert Junie 2017 versamel oor feitlik ENIGE onderwerp.
Hierdie genre is geskep vir Onvoorbereide toespraakskrywers wat “lus is vir iets nuuts”
Wenk:  Maak doodseker jy weet wat die vereistes vir elkeen van hierdie soorte toesprake is.