Belangrike inligting voor jy begin

Die volgende inligting verduidelik so eenvoudig moontlik hoe die Podiumpret stelsel werk sodat die ervaring regdeur die kompetisie vir almal aangenaam is.

Basiese terme:

Deelnemer: Die persoon wat aan die kompetisie gaan deelneem.
Die winkel: Hier word aankope gedoen van die items waaraan deelnemers wil deelneem
Die portaal: Wanneer ‘n item aangekoop word, word die deelnemer hier ingeskryf vir die item. Die res van die kompetisie se aktiwiteite word in die portaal gedoen.
Profiel: Elke deelnemer het ‘n profiel op die stelsel om toegang tot die portaal te verkry. Deelnemers moet vooraf ‘n profiel skep en daarna aankope doen.
E-pos adres: Elke profiel moet ‘n unieke e-pos adres hê. Ouers of onderwysers wat meer as een deelnemer behulpsaam is, kan nie dieselfde adres op meer as een profiel hê nie. Podiumpret kan unieke adresse verskaf aan deelnemers wat dit benodig deur hierdie skakel te volg en die vorm te voltooi. Verskaf die deelnemer se naam en van, asook ‘n e-posadres waarna die inligting van die Podiumpre adres aangestuur kan word

Deelnemers wat al vantevore deelgeneem het

1) Teken aan op jou Podiumpret profiel

  • Navigeer na www.podiumpret.co.za
  • Klik op My Podiumpret
  • Teken aan in die Login gedeelte
  • Gebruik gerus die Lost your password? opsie om ‘n nuwe wagwoord te kry.
  • Indien jy nie die gebruikernaam OF die e-posadres kan onthou nie, stuur asb vir ons ‘n boodskap vanaf die VRAE afdeling sodat ons jou kan help.

2) Besoek die winkel,

  • Kies die items, laai dit in die mandjie
  • Klik op die trollie ikoon regs bo om na die betaalpunt te beweeg
  • Klik op “Koop nog items” indien nodig, of “Proceed to checkout” om na die betaalpunt te beweeg

3) Doen betaling

  • By Billing Details, vul die besonderhede in van die persoon of instansie wat die betaling behartig vir faktuurdoeleindes
  • Kies die betalingsopsie. Indien u nie gemaklik is met die kaartbetaling by Payfast nie, gebruik gerus die “Direct bank transfer” opsie.
  • Klik op Place Order om die betaalproses af te skop

4) Na betaling

  • Indien die Direct Bank Transfer opsie gebruik is, kyk uit vir die e-pos met die volgende opskrif: Jou Podiumpret bestelling word tans verwerk
  • Dit bevestig dat die bestelling ontvang is en wag vir die betaling. Dit bevat ook die bankbesonderhede waar die bedrag inbetaal moet word. Doen die betaling so spoedig moontlik om die registrasieproses af te handel.
  • Indien die Payfast opsie gebruik is vir die betaling, kyk uit vir die e-pos met die volgende opskrif: Podiumpret registrasie voltooi
  • Sodra die registrasie voltooi is, voltooi asb die inligting op die portaal soos hieronder beskryf