Voorgestelde materiaal vir 2025
SPREKERVAARDIGHEDE:
ENIGE toespraak waaraan jy vanjaar werk, kan gebruik word.
Toesprake wat in die verlede in die Podiumpretkompetisie gehoor is, sal gediskwalifiseer word.
Indien jy vir die eerste keer ‘n toespraak skryf om te lewer, gebruik gerus jou skool se waardes en skryf ‘n motiverings- of ‘n inligtingstoespraak.
Gebruik bv. 3 verskillende waardes in die verskillende inligtingspunte, of
Gebruik een van die waardes, bv. Respek en verduidelik hoe dit in die skool, gemeenskap en tuis betoon word.
Taalmediums waarin toesprake gelewer kan word:
– Afrikaans
– Engels
– Tweetalig (Afrikaans/Engels). Die spreker besluit self watter gedeelte van die toespraak in watter taal (Afrikaans/Engels) is.
In elkeen van hierdie sprekervaardighede kategorieë is daar ‘n ervare en onervare afdeling.
Spanredenaars kan inskryf vir die formele of informele kategorieë.
LEES:
Daar is voorstelle vir leesmateriaal in die inligtingsblokkies, maar lesers is welkom om ook bv. hulle skoolhandboeke te gebruik.
STORIEVERTEL:
Gebruik enige bestaande storie as jy nog nie jou eie kan skryf nie. Verwerk dit sodat dit by jou pas en bied dit in jou eie styl aan. Onthou om erkenning te gee aan die oorpronklike verteller.
Kliek hieronder op die toepaslike toespraak en maak die skakel oop vir meer inligting. Daar is ‘n aantal voorstelle by elke toespraaksoort.
Onthou: Dit is slegs VOORSTELLE