Sodra die registrasieproses voltooi is, moet die deelnemers se inligting op die portaal voltooi word sodat die administrasie van die kompetisie glad kan verloop.
- Navigeer na www.podiumpret.co.za
- Klik op My Podiumpret en dan op Portaal
- Blaai af op die portaal bladsy na die Podiumpret 2026 gedeelte
- Voltooi die volgende velde so akkuraat moontlik. Indien jy nie seker is van iets nie, vul net solank is, die opsies kan later verander word.
- Selfoon nommer – Hierdie nommer is belangrik vir Whatsapp en telefoonkommunikasie met die deelnemer of persoon wat deelnemers behulpsaam is.
Die volgende inligting word verlang:
- In watter skool is jy in 2026?
- In watter graad is jy in 2026?
- By watter eerste ronde venue gaan jy deelneem in 2026?
- Hoe gaan jy aan die 2de ronde deelneem?
- Hoe gaan jy aan die finaal deelneem?