Tydsduur:

Gr 1 tot 3: 3 – 4 min
Gr 4 tot 5: 3 – 5 min
Gr 6 tot 7: 4 – 6 min
Gr 8 tot 12: 5 – 7 min

Onderwerpe:
Enige saak in ons samelewing wat aandag behoort te geniet.
Voorbeeld:
Swak bestuurstyle van bv. ma’s, pa’s en grootouers.
Kansvatter-voetgangers tydens spitstyd

Onthou:

Hierdie tipe toespraak is nie ‘n reeks grappies wat ingeryg word nie. Dis ‘n lewenswaarheid waarmee alledaags omgegaan word waar mense DINK hulle doen die regte ding, maar eintlik vernietig hulle iets anders waaroor hulle sterk voel. ‘n Sentrale tema word van verskillende kante belig (lees “uitgeput”). Luister gerus na Nataniël en Trevor Noah.

  • By die aanbied van ’n Humoristiese toespraak word die bronne gebruik om die inligting te bekom. Die bronne word egter nie so volledig weergegee soos in die redenaarstoespraak nie – slegs die titel van ‘n persoon word gegee, bv. Die ekonoom Dawie Roodt.
  • ’n ATKV-toespraak met baie humor in kan slaag INDIEN AL DIE BRONNE VERWYDER WORD en aangebied word soos hierbo verduidelik.