Tydsduur:
Gr 1 tot 3: 3 – 4 min sonder hulpmiddels OF (plakkate) + 2 minute om bv. jou plakkate gereed te kry
Gr 4 tot 5: 3 – 5 min sonder hulpmiddels OF (plakkate) + 2 minute om bv. jou plakkate gereed te kry
Gr 6 tot 7: 4 – 6 min sonder hulpmiddels OF (elektronies – PowerPoint) + 3 minute om jou tegnologie gereed te kry
Gr 8 tot 12: 5 – 7 min sonder hulpmiddels OF (elektronies – PowerPoint) + 3 minute om jou tegnologie gereed te kry
Onderwerpe:
Gr 1 tot 5: Verduidelik ‘n interessante gebeurtenis vanuit die Geskiedenis, Wiskunde of Wetenskap aan die gehoor. Jy moet jou inligting met behulp van plakkate oordra. Jou tyd is beperk slegs 2 minute voorbereidingstyd word gegee om bv. jou plakkate gereed te kry.
Gr 6 tot 12: Verduidelik ‘n moeilike begrip uit jou Wiskunde-, Ekonomie- of Wetenskapkennis aan die gehoor. Jy moet jou inligting met behulp van ‘n elektroniese aanbieding oordra (bv. PowerPoint). Jou tyd is beperk en slegs 3 minute word gegee om jou tegnologie gereed te kry.
OF
Gr 1 – 12; Gebruik 1 of meer van jou skool se waardes en bespreek dit volledig met die gehoor:
Een waarde: Wat dit beteken en hoe dit toegepas word in die klas, tydens pouse en met jou huiswerk
3/4 waardes: Wat elkeen van die waarde beteken en hoe dit bv. tydens pouse toegepas word