Nasionale kompetisie 2026
1e ronde: In persoon, Regstreeks (‘Live’) en Aanlyn
2de ronde: SLEGS Regstreeks en Aanlyn
Finaal: In persoon (op uitnodiging), Regstreeks en Aanlyn
Sedert 2016 word die name van die Graadwenners van die Sprekervaardighedekompetisie op die plaatjie by die Keurboom in die pragtige tuin van die Afrikaanse Taalmonument aangebring. In 2017 is die Olienhoutboom geskenk waar die name van die Graadwenners van die Lees- en Skryfkompetisies aangebring word. Sederdien is die plaatjies (saam met verlede jaar is daar 29) geskuif na die Aalwyntuin. Let wel dat sommige van die Leesplaatjies nog by die Olienhoutboom staan.
Hieronder is die name van die 2024 Graadwenners in elke Afdeling van die kompetisie:
Toesprake en Storievertel
Leeskompetisie

Spanredenaars

Idiomepret
Ons (ek as Juffrou ook) geniet dié spel vreeslik. Ons leer baie nuwe dinge en bou verhoudings so oor die kaarte! Ons het ook 'n Idiomepret foto laat neem op fotodag. Hierdie is vir ons soos 'n sport waarin ons baie ure, leer en oefen insit.
