Kompetisie

Nasionale kompetisie 2020

In 2016 het die Afrikaanse Taalmuseum- en Monument ‘n boom in die pragtige tuin van die Taalmonument in die Paarl geskenk waar die name van die Graadwenners van die Nasionale Sprekervaardighedekompetisie op ‘n plaatjie aangebring word.
Sedert 2016 word die name van die Graadwenners van die Sprekervaardighedekompetisie op die plaatjie aangebring.
In 2017 is die Olienhoutboom geskenk waar die name van die Graadwenners van die Lees- en Skryfkompetisies aangebring word.
Die name van die Graadwenners in elke Afdeling word op verskillende  plaatjies by die onderskeie bome aangebring.

Podiumpretknopies
ELKE leerder het die geleentheid om Podiumpretknopies te versamel.  Hierdie knopie kan ook op jou baadjie se lapel gedra word.
1  Sprekervaardighede  kompetisie
Die Ervare Afdeling se knopies is in goud geskryf en die Onervare Afdeling in wit.  Alle leerders wat 75% en meer tydens die eerste ronde het, ontvang ‘n lapelknopie met die woorde:
Verwelkoming
Gelukwensing
Inligting
Motivering
Humoristies
Redenaars
Onvoorbereid

Storievertel
Die Afdeling vir eie stories/grappies se knopies is in goud geskryf en die Bestaande stories/grappies se knopies in wit.  Alle leerders wat 75% en meer tydens die eerste ronde het, ontvang ‘n lapelknopie.

Spanredenaars
Die Afdeling vir Spandebat se knopies is in goud geskryf en die Afdeling vir Spanpret se knopies in wit.  Alle leerders wat 75% en meer tydens die eerste ronde het, ontvang ‘n lapelknopie.
Leer jou toespraak/storie uit jou kop uit, kom bied dit met selfvertroue aan en neem jou knopie saam met jou sertifikaat en beoordeelstaat huis toe.

2  Leeskompetisie
Voorbereide Lees se knopies is in wit geskryf en Onvoorbereide Lees in goud.  Alle leerders wat 75% en meer tydens die eerste ronde het, ontvang ‘n lapelknopie met die woorde:
Podiumpret-Lees: Gedig
Podiumpret-Lees: Verhaal

Podiumpret het ‘n aantal boekpryse ontvang wat aan deelnemers wat aan die finale rondte van die kompetisie deelneem, oorhandig gaan word.

3 thoughts on “Kompetisie

  1. Ek wil graag uitvind of ek kinders mag inskryf vir hierdie kompetisie of moet dit deur onderwysers volgens die kwotastelsel van ATKV gedoen word. Ek is ‘n privaat drama-afrigter en sou graag my leerders hieraan wou blootstel. sal waardeer om van julle te hoor in die verband. Sterkte met die jaar se bedrywighede en aktiwiteite.
    Vriendelike groete,
    Sarina Donges

    1. Goeiemiddag Sarina
      Ek sien daarna uit om die Uile op die Podium te sien vanjaar.
      Die Portaal sal binnekort beskikbaar wees. Leerling registreer self. Indien julle in bv. Pretoria of die Paarl is, is daar verskillende sentrums waar julle kan deelneem. ‘n Deelnemer kan bv. op een dag aan n bepaalde item deelneem en die volgende dag iets anders doen deur n ander sentrum.
      Ons wil net graag ons kinders aan die praat kry.

Comments are closed.