Kursusse
Kursusse is inter-aktief en gebruikersvriendelik.
Skryf jou eie toespraak deur gebruik te maak van KI (ChatGPT). Ek gaan jou wys hoe.
Skryf van Onvoorbereide toesprake. Haal die angel uit die Onvoorbereid. Laat Podiumpret jou wys hoe om dit seepglad te laat verloop.
Vanjaar is daar ook ‘n item by die onvoorbereide toesprake: Skryf en bied jou toespraak aan m.b.v. KI. Ons wys jou hoe om die kaf van die koring te skei wanneer jy hierdie hulpmiddel gebruik.
Kursusse word op aanvraag aangebied by skole of by die biblioteek in die Paarl.
Buite die Paarl is daar vooraf ‘n reis- en verblyffooi addisioneel tot die kursusgeld betaalbaar.
Kursusse word via Meet, Zoom of Teams aangebied.
Doen gerus navraag – Podiumpret help graag om jou Podiumervaring PRET te maak.
Podiumpret-vir-Personeel
In November 2023 het die personeel van Laerskool De Villiers Graaff ‘n middag belê om te besin oor mondelinge evaluering. Ons het gedagtes geruil oor hoe mondelinge geleenthede in ander vakke as Tale geskep kan word. Die standaard vir evaluering van Sprekervaardighede is aan al die personeellede oorgedra sodat leerders d.m.v. ‘n eenvormige riglyn geëvalueer kan word. Leerders kan met sekerheid weet wat mondelinge aanbiedings aanbetref, die personeel gefokus is op die regte tegnieke.
Die Personeelkorps van Laerskool Kalie de Haas het in 2019 belê in hierdie kursus en praktiese ervaring opgedoen met die evaluering van redenaars by hulle skool se interne redenaarskompetisie. Geen beter leerskool.
Hierdie beoordelaars se punte is nie in berekening gebring om die wenners te bepaal nie, maar na afloop van die kompetisie is punte en opmerkings vergelyk. Elkeen kon hom/haar meet aan die beoordeling van sy/haar kollegas en die uitslag van die beoordelaars.
Die Beheerliggaam van Laerskool Lynnwood het hulle personeel geborg om die Beoordelaarskursus vir Personeel by te woon. Veral die Sportpersoneel was dankbaar omdat hulle die “reëls vir die spel” kon leer ken.