Verhaal/Storie
Vanjaar word lesers aangemoedig om voorlesings te doen uit die volgende werke:
Laerskool:
Stories: Boeke van Alba Bouwer en WO Kuhne se Huppelkind boeke
Gedigte: Kleuterverseboek van DJ Opperman

Hoërskool:
Iets van CJ Langenhoven, of uittreksels uit Dot Serfontein of van Melle se kortverhale.

Oorweeg ook FA Venter, Mikro en Totius.

Engels:

Lewis Carol, Tolkien, CS Lewis, Beatrix Potter, ens. word as baie kosbaar beskou.

Tydsduur
Verhaal/Storie

Graad R – 3: 1 – 3 minute (korter indien ‘n gedig)

Graad 4 – 7: 2 – 4 minute (korter indien ‘n gedig)

Graad 8 – 12: 3 – 5 minute (korter indien ‘n gedig)

Gedig

Laerskool: Lengte van gedig: 20 – 30 reëls

Hoërskool: Lengte van gedig: 30 – 40 reëls

Algemeen
Begin die item met ‘n voorstelling:
Jou naam en van
Graad en skool

Naam van boek/gedig/bron en skrywer

Teikengehoor

Daar moet dialoog in die verhaal voorkom.
Die leesstuk hoef nie by die ouderdom van die leser te pas nie – dit is egter BAIE belangrik dat die leser in die voorstelling sal noem wie die teikengehoor is.
Enige werk van enige skrywer mag voorgelees word. podiumpret vertrou jou oordeelsvermoë.
‘n Kopie van die leesstuk mag gebruik word.
Lesers word aangemoedig om nie dieselfde leesstuk te gebruik in die verskillende rondes nie – ons beveel aan dat die leser elke keer n ander leesstuk sal gebruik.
Die klem val op die interpretasie.

Die gedig moet gelees – nie voorgedra – word nie. Kies liewer ‘n langer gedig in die laer Grade.
Voordra van gedigte is slegs toelaatbaar by Graad R en Graad 1.

Onvoorbereide lees
Om kinders uit te daag om enige leesstuk met interpretasie te kan voorlees.
Hierdie afdeling is vir die meer ervare lesers wat van ‘n uitdaging hou.
Leesstukke is nie moeilik nie en gaan leerders nie probeer uitvang met moeilike woorde nie – dit gaan bloot daaroor dat ‘n boek opgetel en met selfvertroue voorgelees kan word.
Deur hardop voor te lees, word leerders leestekensensitief gemaak om die betekeniswaarde van woorde en sinne raak te sien.
Kwaliteit leesstukke vestig waardes wat deel word van leerders se leefwêreld.

Bybelvoorlesings
Volg die tydsduur hierbo.
Enige uitgawe van Die Bybel kan gebruik word (33/53; 83/2020; Lewende Bybel, Kinderbybel, ens.)
Laerskool: Wonderwerke of gelykenisse
Hoërskool: Gelykenisse of Psalms

Koerantartikels
Volg die tydsduur hierbo.
Die fokus val hier op die interpretasie van gewoonlik lang sinne waar die leser die nodige pouses moet inlees om die betekenis van die inhoud te versterk. Lang sinne het dikwels tot gevolg dat die laaste woorde van sinne wegraak of ongesê bly.
Kies ‘n artikel uit ‘n onlangse koerant sodat die nuus vars is. Maroela Media is op hierdie stadium die enigste koerant wat die geleentheid bied om uitgedruk te word.
Kontak [email protected] vir artikels. Ek stuur met graagte vir jou ‘n uittreksel uit die Bybelkoerant van ds Jaco Thom.