Gr 3 – 5: 2 – 3 min
Voorbereidingstyd: 30 minute (Finaal/eFinaal: 30 minute)

Jy meld aan by die Voorsitter in die lokaal waar jy gaan praat. Jy sal dan na ‘n ander lokaal geneem word om in stilte te kan voorberei.
Jy ontvang SLEGS ’n ONDERWERP (GEEN BRONNE).
GEEN BRONNE word vereis nie – jy moet een van die twee kante kies en dan jou toespraak skryf.
Slegs jou vermoë om kant te kies, ’n inleiding en slot te skryf en jou standpunt met 2 – 3 goeie redes te verdedig, word van jou verwag.
Voorbeeld van ‘n onderwerp:
Alle Gr 3’s MOET selfone hê/- Gr 3’s mag NIE selfone hê nie.

Gr 6 tot 7: 3 – 5 min

Voorbereidingstyd: 60 minute vir al die rondes

Gr 8 tot 12: 4 – 6 min
Voorbereidingstyd: 60 minute (Finaal/eFinaal: 90 minute)

Prosedure:
Jy meld aan by die Voorsitter in die lokaal waar jy gaan praat – 10 minute voor die aanvang van jou voorbereidingstyd. Die onderwerp en 3 – 4 leesstukke daaroor word aan jou gegee. Jy mag SLEGS van hierdie bronne gebruik maaak om die toespraak voor te berei.

OF

SLEGS die onderwerp word aan jou gegee en jy moet m.b.v. KI (Kunsmatige Intelligensie) ‘n toespraak voorberei en aanbied. Die beoordeling van hierdie toespraak gaan verskil van die standaard Onvoorbereid. Daar gaan veral gelet word op die kwaliteit en aanbied van bronne, en of die spreker daarin geslaag het om die toespraak sy eie te maak. Podiumpret voorsien nie tegnologie om hierdie item aan te bied nie. Elke deelnemer is verantwoordelik vir sy eie tablet/slimfoon. Indien die toespraak uitgedruk moet word, is die deelnemer self daarvoor verantwoordelik.

Aanlyndeelname:
Die onderwerp (Gr 3 – 5) en KI en die onderwerp EN leesstukke (Gr 6 – 12) sal vooraf aangestuur word. Sprekers kies hulle eie tydgleuf om die toespraak voor te berei. Onthou dat die opname gemaak moet word DIREK NA die voorbereiding.

Let wel:
Daar is geen rede waarom deelnemers paniekerig hoef te raak of om hulp in te roep met die tuisvoorbereiding nie: Podiumpret is ’n opleidingskompetisie wat jou wil help om jou vaardigheid te verbeter – wen is ’n bykomstigheid.

Onthou dat hierdie jou EIE werk moet wees – integriteit is om die regte ding te doen as niemand vir jou kyk nie.