Tydsduur:
Gr 1 tot 3: 3 – 4 min
Gr 4 tot 5: 3 – 5 min
Gr 6 tot 7: 4 – 6 min
Gr 8 tot 12: 5 – 7 min
Maak SEKER jou onderwerp is beredeneerd. Vermy ‘n filosofiese onderwerp.
Wanneer jy redeneer, moet jy nie met ’n verrassing in die toespraak begin nie. Stel jou 2/3 of 4 argumente in die inleiding.
Elke argument moet gestaaf word deur jou eie mening en met ‘n bron wat nie ouer as 5 jaar is nie. Onthou dat argumente wat onderwerpe bevat wat feitlik daagliks verander, die mees resente inligting moet bevat. Navorsing oor die brein kan bv. nie uit ‘n 5-jaar oue bron geneem word nie.
Die argumente moet weer opsommend in die slot gestel word.
Enige toespraak wat vanjaar by ‘n ander kompetisie gebruik word, mag vir Podiumpret ingeskryf word.
Toesprake wat in die verlede in hierdie kompetisie gebruik is, mag nie weer aangebied word nie – hetsy deur dieselfde spreker of deur iemand anders. Sodanige deelnemer sal gediskwalifiseer word.