Spanredenaars – Voorbereid (4 lede per span)

Tydsduur:
Gr 1 tot 5: 7 – 10 min
Gr 6 tot 7: 9 – 12 min
Gr 8 tot 12: 9 – 15 min
Gedurende al drie rondes sal die toespraak en elke spanlid geëvalueer word.
Fokus op die interaksie tussen spanlede.

Enige onderwerp kan deur die Spanredenaars vir hulle toespraak gebruik word.
Die Spanredenaars word aangemoedig om van Idiome en Spreekwoorde gebruik te maak.

Spandebat
Formele aanslag waar die span hulleself beperk tot die gebruik van natuurlike handgebare, enkele bewegings in en uit hulle stoele, ens.

Spanpret
‘n Meer dramatiese aanslag met meer beweging, hanteerbare hulpmiddels, ens.
Dis NIE ‘n drama-in-die-kleine nie. Dit moet nog steeds REDENAARS wees.