Storievertel

Tydsduur:
Graad R – 3: 2 – 3 minute (1 storie of 2 grappies)
Graad 4 – 7: 3 – 5 minute (1 storie of 2 grappies)
Graad 8 – 12: 4 – 6 minute (1 storie of 2 grappies)

Vertel ENIGE storie/grappies aan die kinders in jou klas/Graadgroep.
Vermy raaisels.
Dit kan iets wees wat jy gehoor het, of jou eie. Miskien ‘n verleentheid wat jy in ‘n komiese vertelling omskep het.
Onthou om JOUSELF te wees – probeer om kleur met jou eie stem te gee. Beperk bewegings – hulle moet min maar effektief wees.
Kontak my vir die beoordeelstaat – daar is kosbare riglyne op waarvolgens jy kan voorberei.