Vrae2026-02-13T22:17:28+02:00

Vraebank

Ons probeer om sover moontlik die vrae wat mag onstaan tydens die duur van die kompetisie so effektief moontlik te beantwoord. Vir jou gerief is dit ingedeel in die kategorieƫ hieronder. Snuffel gerus rond om die antwoorde te verkry.

Indien ons nie jou vraag na behore kon beantwoord nie vul asb die vorm onderaan die bladsy in sodat ons die vraebank kan opdateer.

Hoe skryf ek in vir Podiumpret? ( Nuwe deelnemers )2026-02-13T21:43:25+02:00

Belangrike inligting voor jy begin

Die volgende inligting verduidelik so eenvoudig moontlik hoe die Podiumpret stelsel werk sodat die ervaring regdeur die kompetisie vir almal aangenaam is.

Basiese terme:

Deelnemer: Die persoon wat aan die kompetisie gaan deelneem.
Die winkel: Hier word aankope gedoen van die items waaraan deelnemers wil deelneem
Die portaal: Wanneer ‘n item aangekoop word, word die deelnemer hier ingeskryf vir die item. Die res van die kompetisie se aktiwiteite word in die portaal gedoen.
Profiel: Elke deelnemer het ‘n profiel op die stelsel om toegang tot die portaal te verkry. Deelnemers moet vooraf ‘n profiel skep en daarna aankope doen.
E-pos adres: Elke profiel moet ‘n unieke e-pos adres hĆŖ. Ouers of onderwysers wat meer as een deelnemer behulpsaam is, kan nie dieselfde adres op meer as een profiel hĆŖ nie. Podiumpret kan unieke adresse verskaf aan deelnemers wat dit benodig deur hierdie skakel te volg en die vorm te voltooi. Verskaf die deelnemer se naam en van, asook ‘n e-posadres waarna die inligting van die Podiumpre adres aangestuur kan word

Nuwe deelnemers wat nog nooit vantevore deelgeneem het nie

1) Skep ‘n nuwe profiel (onthou: elke deelnemer het sy/haar eie profiel)

  • Navigeer na www.podiumpret.co.za
  • Klik op My Podiumpret
  • Voltooi die velde in die “Register” gedeelte in
  • Skryf die toegekende gebruikernaam neer, asook die wagwoord wat gekies is.
  • Kyk ook uit in jou e-pos vir ‘n boodskap met die onderwerp Jou Podiumpret rekening is geskep. Die gebruikernaam word daar bevestig.

2) Besoek die winkel

  • Kies die items, laai dit in die mandjie
  • Klik op die trollie ikoon regs bo om na die betaalpunt te beweeg
  • Klik op “Koop nog items” indien nodig, of Proceed to checkout om na die betaalpunt te beweeg

3) Doen betaling

  • By Billing Details, vul die besonderhede in van die persoon of instansie wat die betaling behartig vir faktuurdoeleindes
  • Kies die betalingsopsie. Indien u nie gemaklik is met die kaartbetaling by Payfast nie, gebruik gerus die Direct bank transfer opsie.
  • Klik op Place Order om die betaalproses af te skop

4) Na betaling

  • Indien die Direct Bank Transfer opsie gebruik is, kyk uit vir die e-pos met die volgende opskrif: Jou Podiumpret bestelling word tans verwerk
  • Dit bevestig dat die bestelling ontvang is en wag vir die betaling. Dit bevat ook die bankbesonderhede waar die bedrag inbetaal moet word. Doen die betaling so spoedig moontlik om die registrasieproses af te handel.
  • Indien die Payfast opsie gebruik is vir die betaling, kyk uit vir die e-pos met die volgende opskrif: Podiumpret registrasie voltooi
  • Sodra die registrasie voltooi is, voltooi asb die inligting op die portaal soos hieronder beskryf
Hoe skryf ek in vir Podiumpret? (Bestaande deelnemers)2026-02-13T22:13:19+02:00

Belangrike inligting voor jy begin

Die volgende inligting verduidelik so eenvoudig moontlik hoe die Podiumpret stelsel werk sodat die ervaring regdeur die kompetisie vir almal aangenaam is.

Basiese terme:

Deelnemer: Die persoon wat aan die kompetisie gaan deelneem.
Die winkel: Hier word aankope gedoen van die items waaraan deelnemers wil deelneem
Die portaal: Wanneer ‘n item aangekoop word, word die deelnemer hier ingeskryf vir die item. Die res van die kompetisie se aktiwiteite word in die portaal gedoen.
Profiel: Elke deelnemer het ‘n profiel op die stelsel om toegang tot die portaal te verkry. Deelnemers moet vooraf ‘n profiel skep en daarna aankope doen.
E-pos adres: Elke profiel moet ‘n unieke e-pos adres hĆŖ. Ouers of onderwysers wat meer as een deelnemer behulpsaam is, kan nie dieselfde adres op meer as een profiel hĆŖ nie. Podiumpret kan unieke adresse verskaf aan deelnemers wat dit benodig deur hierdie skakel te volg en die vorm te voltooi. Verskaf die deelnemer se naam en van, asook ‘n e-posadres waarna die inligting van die Podiumpre adres aangestuur kan word

Deelnemers wat al vantevore deelgeneem het

1) Teken aan op jou Podiumpret profiel

  • Navigeer na www.podiumpret.co.za
  • Klik op My Podiumpret
  • Teken aan in die Login gedeelte
  • Gebruik gerus die Lost your password? opsie om ‘n nuwe wagwoord te kry.
  • Indien jy nie die gebruikernaam OF die e-posadres kan onthou nie, stuur asb vir ons ‘n boodskap vanaf die VRAE afdeling sodat ons jou kan help.

2) Besoek die winkel,

  • Kies die items, laai dit in die mandjie
  • Klik op die trollie ikoon regs bo om na die betaalpunt te beweeg
  • Klik op “Koop nog items” indien nodig, of “Proceed to checkout” om na die betaalpunt te beweeg

3) Doen betaling

  • By Billing Details, vul die besonderhede in van die persoon of instansie wat die betaling behartig vir faktuurdoeleindes
  • Kies die betalingsopsie. Indien u nie gemaklik is met die kaartbetaling by Payfast nie, gebruik gerus die “Direct bank transfer” opsie.
  • Klik op Place Order om die betaalproses af te skop

4) Na betaling

  • Indien die Direct Bank Transfer opsie gebruik is, kyk uit vir die e-pos met die volgende opskrif: Jou Podiumpret bestelling word tans verwerk
  • Dit bevestig dat die bestelling ontvang is en wag vir die betaling. Dit bevat ook die bankbesonderhede waar die bedrag inbetaal moet word. Doen die betaling so spoedig moontlik om die registrasieproses af te handel.
  • Indien die Payfast opsie gebruik is vir die betaling, kyk uit vir die e-pos met die volgende opskrif: Podiumpret registrasie voltooi
  • Sodra die registrasie voltooi is, voltooi asb die inligting op die portaal soos hieronder beskryf
Hoe beweeg ek tussen die winkel en die portaal?2026-02-13T08:04:48+02:00

Om in te teken vanaf die webwerf (die winkel), klik op die “MY PODIUMPRET” skakel

Aan die binnekant, klik op die “PORTAAL” skakel. Dit sal jou deurskakel na die portaal

Aan die PORTAAL kant, klik op die “Podiumpret Winkel” skakel om terug te skakel na die WINKEL

Wat kos dit om deel te neem?2026-02-13T08:19:21+02:00

Podiumpret

Toesprake: R240.00 per item

Spanitems: R580.00 per span

Leesitems: R220.00 per item

Storievertel: R 240 per item

Idiomepret

Individueel: R 150 per persoon

Spankompetisie: R250 per span

Opdatering op die portaal2026-02-13T22:13:48+02:00

Sodra die registrasieproses voltooi is, moet die deelnemers se inligting op die portaal voltooi word sodat die administrasie van die kompetisie glad kan verloop.

  • Navigeer na www.podiumpret.co.za
  • Klik op My Podiumpret en dan op Portaal
  • Blaai af op die portaal bladsy na die Podiumpret 2026 gedeelte
  • Voltooi die volgende velde so akkuraat moontlik. Indien jy nie seker is van iets nie, vul net solank is, die opsies kan later verander word.
  • Selfoon nommer – Hierdie nommer is belangrik vir Whatsapp en telefoonkommunikasie met die deelnemer of persoon wat deelnemers behulpsaam is.

Die volgende inligting word verlang:

  • In watter skool is jy in 2026?
  • In watter graad is jy in 2026?
  • By watter eerste ronde venue gaan jy deelneem in 2026?
  • Hoe gaan jy aan die 2de ronde deelneem?
  • Hoe gaan jy aan die finaal deelneem?
Ek wil nog ‘n item aankoop2026-02-13T08:05:09+02:00
Hoe skryf ek n span vir Spanredenaars in?2026-02-13T08:19:15+02:00

Nuwe vraag

Kies een van die opsies
Gee so veel moontlik addisionele relevante inligting
Go to Top