Voorgestelde materiaal vir 2026
SPREKERVAARDIGHEDE:
ENIGE toespraak waaraan jy in 2026 werk, kan gebruik word.
Toesprake wat in die verlede in die Podiumpretkompetisie gehoor is, sal gediskwalifiseer word.
Indien jy vir die eerste keer ‘n toespraak skryf om te lewer, gebruik gerus jou skool se waardes en skryf ‘n motiverings- of ‘n inligtingstoespraak.
Gebruik bv. 3 verskillende waardes in die verskillende inligtingspunte, of
Gebruik een van die waardes, bv. Respek en verduidelik hoe dit in die skool, gemeenskap en tuis betoon word.
Taalmediums waarin toesprake gelewer kan word:
– Afrikaans en Afrikaans 2de Taal
– Engels en Engels 2de Taal
– Tweetalig (Afrikaans/Engels). Die spreker besluit self watter gedeelte van die toespraak in watter taal (Afrikaans/Engels) is.
In elkeen van hierdie sprekervaardighede kategorieë is daar ‘n ervare en onervare afdeling.
Spanredenaars kan inskryf vir die formele of informele kategorieë.
LEES:
Daar is voorstelle vir leesmateriaal in die inligtingsblokkies, maar lesers is welkom om ook bv. hulle skoolhandboeke te gebruik.
STORIEVERTEL:
Gebruik enige bestaande storie as jy nog nie jou eie kan skryf nie. Verwerk dit sodat dit by jou pas en bied dit in jou eie styl aan. Onthou om erkenning te gee aan die oorpronklike verteller.
IDIOMEPRET:
Individuele sowel as ‘n Spankompetisie. Deelnemers neem per graad deel.
Slegs 8 individuele spelers en 4 spanne per graad word na die finaal genooi op 23 September in die Paarl.
Graadwenners se name word op hulle eie plaatjie geskryf en in die Afrikaanse Taalmonument in die Paarl se tuin geplant.
Spangroottes wissel van 2 tot 4.
Waar daar volwassenes in die span is, skryf julle in onder die oudste persoon in die span.
Kliek hieronder op die toepaslike toespraak en maak die skakel oop vir meer inligting. Daar is ‘n aantal voorstelle by elke toespraaksoort.
Onthou: Dit is slegs VOORSTELLE





